Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

1 Corinthians 15

:
Afrikaans - AFR20
1 Broers, ek herinner julle aan die evangelie wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, en waarin julle ook vasstaan,
2 waardeur julle ook verlos word; mits julle vashou aan die evangeliewoord wat ek aan julle verkondig het tensy julle vergeefs tot geloof gekom het.
3 Want die wesenlike wat ek ontvang en ook aan julle oorgelewer het, is: •Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte;
4 Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte;
5 en Hy het aan Sefas verskyn, en toe aan die twaalf.
6 Daarna het Hy aan meer as vyfhonderd broers tegelyk verskyn, van wie die meeste nou nog leef, maar sommige al ontslaap het.
7 Daarna het Hy aan Jakobus verskyn, en toe aan al die •apostels.
8 As die laaste van almal het Hy ook aan my, die misgeboorte, verskyn.
9 Want ek is die geringste van die apostels, nie geskik om 'n apostel genoem te word nie, omdat ek die •gemeente van God vervolg het.
10 Maar deur die genade van God is ek wat ek is. Sy genade aan my was nie vergeefs nie, trouens, ek het baie harder gewerk as al die ander eintlik nie ek nie, maar die genade van God, wat met my is.
11 Daarom, of dit ek of hulle is, dit is wat ons verkondig, en daarvolgens het julle tot geloof gekom.
12 Maar as Christus verkondig word, dat Hy uit die dood opgewek is, waarom sommige van julle dat daar nie 'n opstanding van dooies is nie?
13 As daar geen opstanding van dooies is nie, is Christus ook nie opgewek nie.
14 En as Christus nie opgewek is nie, is ons verkondiging sinloos, en ook julle geloof sinloos.
15 Boonop word ons as valse getuies vir God bevind, omdat ons teen God getuig het dat Hy Christus opgewek het wat Hy dan nie opgewek het nie, as dit so is dat dooies nie opgewek kan word nie.
16 Want as dooies nie opgewek word nie, is Christus ook nie opgewek nie.
17 En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof vergeefs, en is julle steeds in julle sondes.
18 Dan is ook diegene wat in Christus ontslaap het, verlore.
19 Indien ons hoop slegs vir hierdie lewe op Christus gevestig is, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense.
20 Maar nou, •Christus ís opgewek uit die dood die eersteling van die ontslapenes.
21 Want aangesien die dood deur 'n mens gekom het, kom die opstanding van dooies ook deur 'n mens.
22 Want soos almal deur Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word;
23 maar elkeen volgens 'n bepaalde orde: as eersteling Christus, daarna, met sy koms, hulle wat aan Christus behoort.
24 Dan kom die einde, wanneer Hy die koningsheerskappy aan God, die Vader, sal oorgee, wanneer Hy alle heerskappy en gesag en mag vernietig het.
25 Want Christus moet as koning regeer totdat “Hy al die vyande onder sy voete gestel het”.
26 Die laaste vyand wat vernietig moet word, is die dood.
27 “Want Hy het alles onder sy voete gestel.” Maar wanneer Hy dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat dit met die uitsondering is van Hom wat alle dinge aan Christus onderwerp het.
28 Wanneer alles aan Hom onderwerp is, sal die Seun Homself onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal sal wees.
29 Anders, wat sal diegene wil bereik wat hulleself ter wille van die dooies laat doop? Indien dooies glad nie opgewek word nie, waarom laat hulle hulle ter wille van dooies doop?
30 En waarom stel ons ons van uur tot uur in gevaar?
31 So waar as wat ek van dag tot dag in doodsgevaar verkeer, so waar is dit, broers, dat julle my rede tot roem is in •Christus Jesus, ons Here.
32 As ek in Efese as 'n sterflike mens teen wilde diere geveg het, van watter nut was dit vir my? As dooies nie opgewek word nie, “laat ons eet en drink, want môre sterf ons”.
33 Laat julle nie mislei nie: “Slegte geselskap bederf goeie sedes.”
34 Wees nugter in julle denke, soos dit hoort, en moenie sondig nie. Sommige van julle het helaas geen kennis van God nie. Dit ek tot julle skande.
35 Iemand sal egter kan vra: “Hoe word die dooies opgewek, en met watter soort liggaam verskyn hulle?”
36 Hoe dwaas! Wat jy saai, kom nie tot lewe nie, tensy dit eers sterf.
37 En wat jy saai, saai jy nie in die vorm wat dit sal aanneem nie, maar as 'n blote saadkorrel, of dit nou 'n koringkorrel is, of een van die ander sade.
38 Maar God sal, soos Hy beplan het, aan elkeen van die sade 'n eie vorm gee.
39 Nie alle lewende wesens is eenders nie. Daar is een fisiese vorm vir mense, 'n ander vir diere, 'n ander vir voëls, en nog 'n ander vir visse.
40 Daar is ook hemelliggame en aardse liggame, maar die glans van die hemelliggame is anders as dié van die aardse liggame.
41 Die glans van die son is anders as die glans van die maan, en anders as die glans van die sterre. Een ster verskil immers van 'n ander in glans.
42 So sal dit ook wees met die opstanding van die dooies: Wat gesaai word in verganklikheid, word opgewek in onsterflikheid;
43 wat gesaai word in oneer, word opgewek in heerlikheid; wat gesaai word in swakheid, word opgewek in krag.
44 Wat gesaai word, is 'n natuurlike menslike liggaam; wat opgewek word, is 'n geestelike liggaam. As daar 'n natuurlike menslike liggaam is, is daar ook 'n geestelike liggaam.
45 So staan daar immers geskryf: “Die eerste mens, Adam, het 'n lewende wese geword.” Die laaste Adam het egter 'n lewendmakende Gees geword.
46 Die geestelike liggaam is egter nie eerste nie, maar wel die natuurlike menslike liggaam; daarna kom die geestelike.
47 Die eerste mens was uit die aarde, en stoflik; die tweede 'n mens uit die hemel.
48 Soos die aardse mens, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens, so ook die hemelse mense.
49 Soos ons die beeld van die stoflike mens gedra het, so sal ons die beeld van die hemelse mens dra.
50 Dit is wat ek bedoel, broers: dat mense van vlees en bloed nie die •koninkryk van God kan beërf nie, en die verganklike beërf nie die onverganklike nie.
51 Kyk, ek vertel vir julle 'n misterie: nie almal van ons sal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word
52 by die laaste basuin, binne 'n oomblik, 'n oogwink. 'n Basuin sal weerklink, en die dooies sal onverganklik opgewek word, en ons sal verander word.
53 Want hierdie verganklike liggaam moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike liggaam met onsterflikheid.
54 En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee word, sal die woord wat geskryf staan, vervul word: “Die dood is verslind in oorwinning.”
55 “Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?”
56 Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde in die wet.
57 Maar aan God die dank, wat aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus •Christus.
58 Daarom, my geliefde broers, wees standvastig en onwrikbaar, en wy julle ten volle aan die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie vergeefs is nie.